Besoekers

Thursday, 30 August 2007

Innsbruck "Die plek van die goue dakkie"

Dit is nou die goue dakkie wat 'n paar honderd jaar gelede gebou is met regte goud bedekte dakteels. Wonner hoe lank die teels in SA op die dak sou bly............tot laat middag?

Woef ek sê









'n Skoenlapper uitstalling in die museum.


Hierdie is 'n regte skoenlapper "huge". Ongelukkig lewe hulle net ongeveer 1 week.

Moeilik om te sien maar die goed was ook vrek groot.
So ding sal maklik jou enkel afbyt as hy jou vang.

Die Berg

Met die gondel was ons binne 'n paar minute van 868m tot op 2256.
Die uitsig was great. en die lug lekker dun.
Die uitsig op Innsbruck
Hier was baie mountain bikers en in die winter kan mens hier ski.



Die Swarovski "Crystal World"






Die Wêreld se grootste geslypte kristal. 310 000 karaat.
Dit was nie maklik om af te neem nie maar dit is huge.




Wednesday, 29 August 2007

Kuier in die Irish pub.......JA ek weet ons is te veel daar.



Hoe laterhoe kwater!

!

Gela en twee van haar kolegas Weird mense

Click!

Groot advertensie vir die show uit SA. Sal maar 'n skip gee, so baie mis ek dit nog nie.
Uitsig op die meer hier naby ons.
Ek en Gela het toe maar besluit ons wil elkeen 'n karretjie he. Die swart een is meine.
.........I wish ............dit is ons rykgat bure se speelgoed. Wel karre soos hierdie is so volop hier soos Citi golfs in Pretoria.

Biertuin yeeeah!


foto's

Hierdie dammetjie is so 5 min se stap van ons voordeur af.



Uit F@$%%en eindelik het ons internet !!

Hier is sommer 'n paar foto's van ons stoep af en in die woud hier met dammetjie hier naby ons huis.

Hier maak die vliegtuie strepe in die lug ......lekker besig hier bo in die lug Van ons stoep af daar agter sien mens die woud.
Die houtkapper het Gela gespot.

Tuesday, 28 August 2007

Groot update oppad!

Moennie worry nie die blog is nie dood nie hy rus net bietjie.
As alles reg loop behoort ons uiteindelik more internet by die huis te hê.
Die klein obskure winkeltjie waar ek aansoek gedoen het, het ons vir sewe weke aan 'n lyntjie gehou met allerhande verskonings. Ek het hulle boks vol beloftes vir hulle terug gevat en Gela het intussen aansoek gedoen by Deutsche Telekom self.
Wel ons het al 'n telefoon nommer en hopelik ook môre internet.
Ek het baie foto's om op te sit, ook van laas naweek se trippie na Innsbruck.
Verder gaan dit goed hier. Dit is nog lekker somer en was Sondag 34 grade.

Friday, 03 August 2007

Ek het werk gekry !!!

My heel eerste onderhoud vandat ek hier is en ek het die job!.

Ek het die 1st Augustus begin werk by Texas Instruments as International Customer Care Agent. Die werk is baie soortgelyk aan dit wat ek by Siemens gedoen het.
Amper alles is in Engels en hier is selfs nog 'n Suid Afrikaner hier, so met hom kan ek sommer Afrikaans praat.

Verder wag ons nogsteeds vir internet en foon by die huis.
Sodra dit werk sal ek weer foto's opsit.

Cheers en lekker naweek.