Besoekers

Monday, 24 September 2007

Oktoberfees 2007

Raaait met Lederhosen en Dirndl is ons reg vir die Oktoberfees.
Die weer het ook mooi saam gespeel.




Hordes mense het al 9 uur die oggend voor die bier tente gewag vir 'n plekkie.

Ons het ook 'n ruk gewag en toe maar gesettle vir die biertuin buite.

Almal moes tot 12 uur wag vir hulle eerste bier want die burgermeester tap die eerste bier en daarna die res. So verbeel jou as 12 uur so 200 000 mense 'n bier bestel. Wel ons het nie lank gewag nie en teen 12:40 het ons ook een gekry.

Oktoberfees 2007






Oktoberfees 2007




Oktoberfees 2007

Ons het Sondag die optog gaan kyk.
Die perde wat die bier waens trek is massief, mens moet dit sien om te glo!



Oktoberfees 2007





Visitors: 6.5 million, Beer: appr. 68.6170 hl, Wine: 33.358 litres Sparkling wine: 24.952 bottles Coffee, tea: 338.661 cups Water, lemonade: 514.880 bottles (2004)Chicken: 481.649 units Pork sausages:179.889 pairs Fish: 47.700 kg Pork knuckles: 560,089 units Oxen: 95 units

Tuesday, 18 September 2007

Uit eindelik is ons goed hier !!!!

Nadat ons amper 5 maande moes wag vir ons goed uit Suid Afrika het ons dit uiteindelik vandag gekry.
Nou begin die groot stryd om vir alles 'n plek te kry.
Wel ek sal weer foto's neem van ons plek as alles weer beter lyk.



Nymphenburg kasteel en Botaniese tuine

Ons het Sondag na die Nymphenburg kasteel toe gery, so half uur se ry met die fietse.

Nymphenburg kasteel foto's







Engeland 0 Suid Afrika 36

Engeland se nuwe truie

Daar was seker omtrent 60 Suid afrika ondersteuners in die pub gewees.
Geen idee waar hulle almal vandaan kom nie.

Vlooimark

Ons het 2 ou fietse op die vlooimark gekoop om trein stasie toe en terug te ry.
Hierdie ou ballie het begin gesels met ons en het later selfs vir ons 'n tune op sy trek-klavier gespeel.

Monday, 10 September 2007

Rugby kyk Innie pub

Ek het vir die eerste keer 'n lekker Kangaroo burger geeet, dit proe maar soos beesvleis.
Daar agter hang die SA vlag


Daar was seker so 30 namibiaaners en suid afrikaners gewees, en dit op 'n Sondag.


Freisinger Volksfest

Hierdie was my werks paartie woensdag aand gewees. Lekker groot bier tuin met baie mense lekker musiek en .....bier!