Besoekers

Sunday, 21 October 2007

Die Springbokke doen dit weer.

Nou is die rugby ook weer verby en dit was great.
Daar was weer baie Suid Afrikaners gewees en almal het tot laat geparty.
Die een barman, Bernie, is van SA en hy het boerewors rolls gereel en great musiek gespeel.

Rugby yeeeeah !!!






Oja daar was naatuurlik 'n paar baie loud pommies

Die winter is hier.

Toe ons vanoggend opstaan na 'n lekker party na die rugby het dit gesneeu.
Dit het intussen al weer gesmelt en dit is 3°C buite en 19°C binne in die huis.
Ons het nog nie eers nodig gehad om enige verwarmers aan te skakel nie.
Die huis is baie goed geisoleer en die dubbel glas hou die koue uit.

Ons het 'n kar gekoop

Ek sit elke dag 3 ure lank in die trein oppad werk toe en terug en dit vat te veel uit mens se dag so nou ry ek met die kar, en is by die werk in so 35 min.
Ons kan ook nou naweke bietjie rondry in die omgewing en natuurlik met die kar gaan inkopies doen. Die fiets trailer kan ons nou eers wegpak.





Thursday, 11 October 2007

Nog Oktoberfees!

Wel die Oktoberfees is nou weer veby en die miljoene toeriste het weer gewaai. Muenchen keer weer terug na normaal toe en mens kan weer sitplek kry in die treine.
Hier is nog 'n paar foto's met Brian uit SA en Vincent uit UK. wat ook kom huier het.
Dit was lekker maar dit is nou eers klaar! Ons moet nou fokus op die rugby!

Nog foto's






Die mense buite.

Om op 'n Saterdag enige sitplek by die Oktoberfees te kry is amper onmoontlik, wel met ons contacts het ons dit uiteindelik reg gekry om in 'n klein maar baie lekker tent 'n hele tafel te kry.
Die mense staan al tou van 7 uur die oggend vir 'n plek en as die groot tente oopmaak so teen 9 uur is hulle feitlik almal binne 10 minute propvol en die deure word gesluit.
Ek en Gela het toe gedink dit is baie snaaks om die mense wat van buite af inloer af te neem.
Die meeste van hulle het darem ook gedink dit is snaaks behalwe hierdie eerste antie.






The Octoberfest at night - a view from the Big Wheel