Besoekers

Wednesday, 29 August 2007

Kuier in die Irish pub.......JA ek weet ons is te veel daar.



Hoe laterhoe kwater!

!

Gela en twee van haar kolegas Weird mense

Click!

Groot advertensie vir die show uit SA. Sal maar 'n skip gee, so baie mis ek dit nog nie.
Uitsig op die meer hier naby ons.
Ek en Gela het toe maar besluit ons wil elkeen 'n karretjie he. Die swart een is meine.
.........I wish ............dit is ons rykgat bure se speelgoed. Wel karre soos hierdie is so volop hier soos Citi golfs in Pretoria.

Biertuin yeeeah!


foto's

Hierdie dammetjie is so 5 min se stap van ons voordeur af.



Uit F@$%%en eindelik het ons internet !!

Hier is sommer 'n paar foto's van ons stoep af en in die woud hier met dammetjie hier naby ons huis.

Hier maak die vliegtuie strepe in die lug ......lekker besig hier bo in die lug Van ons stoep af daar agter sien mens die woud.
Die houtkapper het Gela gespot.

Tuesday, 28 August 2007

Groot update oppad!

Moennie worry nie die blog is nie dood nie hy rus net bietjie.
As alles reg loop behoort ons uiteindelik more internet by die huis te hê.
Die klein obskure winkeltjie waar ek aansoek gedoen het, het ons vir sewe weke aan 'n lyntjie gehou met allerhande verskonings. Ek het hulle boks vol beloftes vir hulle terug gevat en Gela het intussen aansoek gedoen by Deutsche Telekom self.
Wel ons het al 'n telefoon nommer en hopelik ook môre internet.
Ek het baie foto's om op te sit, ook van laas naweek se trippie na Innsbruck.
Verder gaan dit goed hier. Dit is nog lekker somer en was Sondag 34 grade.

Friday, 03 August 2007

Ek het werk gekry !!!

My heel eerste onderhoud vandat ek hier is en ek het die job!.

Ek het die 1st Augustus begin werk by Texas Instruments as International Customer Care Agent. Die werk is baie soortgelyk aan dit wat ek by Siemens gedoen het.
Amper alles is in Engels en hier is selfs nog 'n Suid Afrikaner hier, so met hom kan ek sommer Afrikaans praat.

Verder wag ons nogsteeds vir internet en foon by die huis.
Sodra dit werk sal ek weer foto's opsit.

Cheers en lekker naweek.