Besoekers

Wednesday, 25 July 2007

Daar is drie groot meere naby ons nuwe huis.

So 10 min met die fiets van waar ons nou bly is 3 groot meere. Ons was nogal heel verbaas oor hoe naby dit is en hoe groot en mooi die meere is.
Met die mooi weer was natuurlik weer almal daar.

Wel ons swem nou hier en in die winter kan ons daar gaan ys-skaats as alles toe gevries is.


Die bliksem wou nie swem nie, toe gooi hulle hom in.
Damn moet nog werk aan die timing
Claudia en Gela

Franz en Christoph


The View



Sunday, 22 July 2007

Offline------!!!!

Ja die updates is maar min want ons het nogsteeds nie internet nie.
Hulle gaan hopenlik hierdie week kom om die installasie te doen.
Hulle het groot specials op internet pakkette so almal soek dit nou en die wagtyd is lank.

Sal weer bietjie foto's op laai sodra ons weer online is.

Lekker Naweek
André & Gela

Wednesday, 11 July 2007

Straatfees in Deisenhofen

Hier was 'n straatfees in die dorp op Sondag.
Al die winkels was oop en orals was daar lekker eetgoed en natuurlik bier.
Wel dit was die laaste mooi weer, sover die week is dit koud en reénerig.
Ons trek Saterdag na ons nuwe plek toe so ek is die week besig met kaste bou en ligte insit want as mens hier intrek is daar nie kaste of ligte nie en party keer nie eers 'n kombuis nie.


Monday, 02 July 2007

Ons het blyplek gekry !

Na 'n verbasende kort rukkie se soek het ons 'n great plek gekry om te huur.

Obviously baie kleiner as in SA maar groot genoeg vir 'n begin.
Blyplek soek in München is 'n groot mission tensy jy soos ons baie lucky is.
Gewoonlik moet jy deur 'n agent werk wat jou dan 'n klomp meesdal crappy plekke wys met die hoop dat jy gaan byt aan een van die plekke. As jy belang stel dan is dit soos die lotto jou papiertjie word op die hoop van al die ander belangstellendes gegooi en as jy lucky is sal jy na 'n paar weke hoor of jy "gewen" het met jou aansoek. Vir al die harde werk soek die agent dan natuurlik 2 tot 3 maande se huur as komissie.
Wel ons het niks van die drama gehad nie en het 'n great plek gekry wat ons privaat by die eienaar huur sonder enige komissie. Soos ek sé ons was baie lucky.
Die plek is in Lochhausen op die grens van München maar met die S-bahn is mens binne 16 min in die middestad. Daar is 'n paar meere in die omgewing en 'n park/woud so 40 meter op in die straat. So die wat wil kom kuier.......julle kan nou maar. Wel amper ons het nog tyd nodig om die plek in te rig.

Ons plek gemerk hierbo, en hieronder die tuin.
Die slaapkamer
Die woonkamer en stoep.
Die voordeur.



Nog foto's

Lekker groot badkamer.


Baie mooi oop plan kombuis
Groot balkon met uitsig op die tuin