Na 'n verbasende kort rukkie se soek het ons 'n great plek gekry om te huur.
Obviously baie kleiner as in SA maar groot genoeg vir 'n begin.
Blyplek soek in München is 'n groot mission tensy jy soos ons baie lucky is.
Gewoonlik moet jy deur 'n agent werk wat jou dan 'n klomp meesdal crappy plekke wys met die hoop dat jy gaan byt aan een van die plekke. As jy belang stel dan is dit soos die lotto jou papiertjie word op die hoop van al die ander belangstellendes gegooi en as jy lucky is sal jy na 'n paar weke hoor of jy "gewen" het met jou aansoek. Vir al die harde werk soek die agent dan natuurlik 2 tot 3 maande se huur as komissie.
Wel ons het niks van die drama gehad nie en het 'n great plek gekry wat ons privaat by die eienaar huur sonder enige komissie. Soos ek sé ons was baie lucky.
Die plek is in Lochhausen op die grens van München maar met die S-bahn is mens binne 16 min in die middestad. Daar is 'n paar meere in die omgewing en 'n park/woud so 40 meter op in die straat. So die wat wil kom kuier.......julle kan nou maar. Wel amper ons het nog tyd nodig om die plek in te rig.
Ons plek gemerk hierbo, en hieronder die tuin.
Die slaapkamer
Die woonkamer en stoep.
Die voordeur.
Monday, 02 July 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
4 comments:
Dit lyk baie nice.. hoop julle bly lekker!
heyhey!!
ek deps solank die woonkamer vir januarie!!! hehe
dit is 'n baie cool flat man, dit lyk splinter nuut, hoop julle bly lekker daar!
Baie cozy! Lyk regtig nice,
ek is seker julle sal lekker in die plekkie bly!
Baie nice. Mooi hout vloere, julle hoef nie weer self te doen.
Post a Comment